Fietswedren wat by museum begin kan nog gewild word
Fietsry herleef na val van De Villiers koninkryk.
Na die val van die De Villliers koninkryk is wedrenne een na die ander gekanselleer, waaronder die gewilde Groot Trap, wat aan die begin van die jaar in Pretoria aangebied is.
Padfietswedrenne het egter die afgelope tyd ’n reuse oplewing getoon en Saterdag word ’n wedren by die Willem Prinsloo Museum naby Cullinan en Bronkhorstspruit aangebied deur Lenie Smit se Lenick Promosies.

Dit kan nog ’n gewilde wedren word met ’n redelike plat roete en wegspring en einde by die museum. Die hele opset verleen hom daartoe om dit ’n familiedag te maak. Daar is lekker kuierplek, uitstallings wat die gesin wat by die eindpunt wag besig te hou.
Die beste nuus; daar kan nog vandag (26 Januarie 2026) aanlyn ingeskryf word by die MyActive portaal. Die wedren staan bekend as die Race@Ditsong.
Afstande van 57 en 90 kilometer kan afgelê word en inskrywingsgeld beloop R420 en R520.

*Intussen het 40 fietsryers Saterdag opgedaag om Maggie Smit terug te verwelkom nadat sy tydens die RideJoburg fietswedren geval en ernstig beseer is.
Haar man, Johnny, sê sy was dankbaar vir almal se omgee en ondersteuning en baie bly om weer terug te klim in die saal.
KYK: https://youtube.com/shorts/3877RPpRFOk?feature=share
