Nog tyd om vir Race@Ditsong in te skryf
Gesinne kan oudhede bekyk of net lekker in museumatmosfeer kuier
Fietsryers wat nog die naweek moet besluit of hulle ’n klubrit gaan bywoon of dalk na iets meer opwindends soek, het nog kans om Saterdagoggend in te skryf vir die Race@Ditsong.
Registrasie en laat inskrywings word Saterdag, 31 Januarie, vanaf 05:30-06:30 by die Ditsong Willem Prinsloo Landbou Museum gedoen.
Inskrywingsgeld vir die 90km is R520 en vir die 57km R420.
Dit gaan ’n onvergeetlike dag wees met kosstalletjies, binne- en buitenhuise uitstallings en terrein waar gesinne lekker kan kuier.
Daar is natuurlik ook fietsry met die 90 kilometer wedren wat om 7:00 wegspring.
• 07:10 – Tandems, para fietsryers, open/gekeurde (seeded) ryers.
• 07h15 – E-fietse.
• 08h15 – 57 km.
• 08h20 – E-fiets sosiaal.
Klubs kan hulle gazebo opslaan en saam met klubmaats kuier.
Die prysuitdeling vind om 11:00 plaas.
*Die museum is naby Bronkhorstpruit en Rayton.
