Sport
Korb wys sy staal by Royal Kaapse Gholfklub
Skitterende begin bederf met rondte wat telkaart ontsier
Dit is nie net Aldrich Potgieter wat die wêreld se gholfbane aan die brand speel nie.
Die oud Laerskool Middelburg leerling swoeg tans in die Amerikaanse PGA-reeks.
Op tuisbodem is Ruan Korb besig om in die Sonskynreeks mee te ding.
Hy het die naweek in die CIRCA Kaapse Ope gespeel, wat by die Royal Kaapse Gholfklub beslis is.
Will Enefer en Hennie Otto het elk -14 gespeel maar Enefer was die uiteindelike wenner na ’n uitspeel.
Hulle is gevolg deur Santiago Tarrio op -13.
Die oud HTS Middelburg leerling het skitterend begin met rondtes van 69 maar sy telkaart lelik bederf met ’n 72 en 74 vir ’n 284 vir -4.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
