Sport

Joubert draf by 80 verby

Om op 80 nog 100km ’n maand te draf, wil gedoen wees!

Sy ID-boekie sê hy is 80, maar Danie Joubert het al klaar weer sommer by dié getal verbygedraf.

Joubert, ’n lid van die Midack-klub, het op sy dag 12 Comrades wedlope voltooi, die eerste in 1985 op 39-jarige ouderdom en die laaste een in 2013 toe hy 67 jaar oud was.
Hy het al meer as 150 parkruns gedoen en het dan sommer van sy huis af soontoe en terug gedraf.

• Al kan hy nie meer die Comrades hardloop nie, het hy net vir Januariemaand ’n totaal van 100.5km in Middelburg se strate kafgedraf!

• Die klublede van Midack wens hom ’n geseënde en gesonde lewensjaar toe. Hulle het op sy verjaardag vir hom balonne en eetgoed gegee toe hy getrou opgedaag het vir sy oefensessie op die pad saam met die klublede.

Sy kinders en kleinkinders volg in sy voetspore en het Tobie van den Bergh onlangs berig oor ‘Joubert en Kie’ se prestasies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button