Sport

Die land se beker loop oor van atletiektalent

Nelspruit skitter, Menlopark steeds nommer een by 'mini Suid-Afrikaanse kampioenskappe'.

Die Curro Podium atletiek byeenkoms wat Vrydag en Saterdag op die Pilditch Stadion in Pretoria aangebied is, het gewys dat die land ’n blink atletiek toekoms het.

Die vraag is, waarheen verdwyn al hierdie talent na skool?

Suid-Afrika se eina-oes aan medaljes by die Olimpiese Spele, wys dat daar ernstig fout is met die voerband na skool.

Hoërskool Menlopark is andermaal gekroon as die land se top atletiekskool.

Dit was egter Hoërskool Nelspruit wat verras het, deur by die nommer 10 plek in te skuif, ’n reuse prestasie in ag geneem dat van Suid-Afrika se groot skole soos Paarl Gimnasium, Helpmekaar, Afrikaans Hoër Seunskool en Waterkloof, deelgeneem het.

HTS Middelburg is algeheel in die 20ste plek.

Menlopark het die meisies-afdeling gewen, met 21 943 punte, gevolg deur Noordheuwel met 21 256 en Helpmekaar met 21 247.
Nelspruit was 15de en HTS Middelburg 22ste.

In die seunsafdeling het Curro Hazeldean met 21 392 gewen, Affies was tweede met 21 185 en Helpmekaar het 20 405 punte behaal.
Nelspruit was 19de en HTS Middelburg 26ste.

Na die twee dae se top atletiek, wat as ’n mini SA’s beskou kan word, was die finale puntestand: Menlopark, Helpmekaar, Curro Hazeldean, Paarl Gimnasium, Noordheuwel, Waterkloof, Montana, Zwartkop, Kempton Park, Nelspruit, Klerksdorp, Garsfontein, Durbanville, Transvalia, Curro Sport Rising Stars, Monument, Rustenburg, DR Malan, Stellenberg, HTS Middelburg, Marais Viljoen, Midstream College, Tuks Sport High School, Randburg, Prestige College, Potchefstroom Gimnasium, Nico Malan, Nylstroom, Eldoraigne, Curro Durbanville, Framesby, Pietersburg, Curro Heuwelkruin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button