Sport

Woensdae is wasdag en Maandae is dit rugby

Varsitybeker skop met ’n knal af - noordelike universiteite gee die toon aan

Woensdae is wasdag, Vrydae is mydag en Maandae is dit Varsitybekerdag. Mamma moet maar die eetgoedjies Maandae voor die televisie bedien, want daar wag ’n paar weke van opwindende rugby.
Nadat die eerste skote gisteraand geklap het, is dit duidelik dat die reeks vir ’n paar skokke en ’n fees van drieë gaan sorg.

Nuwe reël

Die nuwe reël waar ’n tikskoppie geneem kan word, nadat ’n drie gedruk is, plaas van ’n doelskop, maak dat die spanningsvlakke nog verder opgejaag word. Die aanvallende span het net twee minute om weer ’n drie te druk en kan ook net twee tikskoppies per helfte kies.
Die spanne se kaptein sal mooi moet dink voordat hy ’n besluit neem want die tempo van die spel was op ’n ander vlak.

Dit was Maandag Tuks of Niks

Die noordelike universiteit spanne het behoorlik amok gemaak in die eerste wedstryde.Tukkies met die oud HTS Middelburg senter, Christiaan Vlok, in sy geledere, het die verdedigende kampioen, Ikeys, met 38-22 geklop.

Verrassende nederlaag

Maties het ’n verrassende nederlaag van 39-50 teen Shimlas op die lyf geloop. Was dit nie vir twee drieë in die laaste drie minute nie, sou die nederlaag nog groter gewees het.
Die Pukke het met die Sentraal Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein afgereken. Die telling was 59-42.
Nuwelinge Emeris is met 61-41 deur die Universiteit van Johannesburg geklop.

Maandagaand se wedstryde

Maandagaand speel die Pukke tuis teen Emeris.
Ikeys pak die Sentraal Universiteit.
Shimlas en Tukkies is in Bloemfontein slaags.
Maties speel in Stellenbosch teen die Universiteit van Johannesburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button