Sport

Pumas in pienk kan doen met bietjie Oranje

Stonehouse het ervare groep om uit te kies vir SA Beker

Die Pumas in hulle kenmerkende pienk truie kan met Oranje spog wanneer die SA Beker in Maart afskop.
Nee, nie Vrystaat oranje nie, maar die skrumskakel Reagan Oranje.
Afrigter Jimmy Stonehouse sal behoorlik moet kopkrap wanneer daar besluit word wie dra die nommer nege trui.
Behalwe vir die oud Tukkie het hy ’n top oes skrumskakels.
Daar sal moeilik gekies word tussen Oranje, Russwill Fredericks, Conor van Eeden en Thomas Bursey.

SA Beker skop af

Die SA Beker skop op 6 Maart af met die Pumas wat Heyneke Meyer se SWD Arende in George pak.
Die stryd tussen die twee ervare afrigters kan vir ’n interessante agtermiddag sorg.
Stonehouse moet sonder ’n agterlynafrigter klaarkom nadat MJ Mentz weg is om by Hoërskool Nelspruit af te rig.
Volgens die Mpumalanga Rugby-unie se uitvoerende hoof, Marius Janse van Rensburg, is daar besluit om Mentz nie nou te vervang nie.

Willie Engelbrecht

Die Pumas het ’n ervare groep spelers met Etienne Janeke, Sampie Swiegers, Clinton Swart, Danrich Visagie en die sewes Bok, Dalvon Blood, almal daar.
Willie Engelbrecht sal waarskynlik weer die kaptein wees.
Die senter Benito Goeda is op ’n proeftydperk by die Pumas.

As daar een speler is wat die laaste drie jaar groot belofte getoon het en 2026 sy groot jaar kan maak, is dit die losvoorspeler André Fouche wat aan albei kante van die skrum en ook op agsteman tuis is.
Die gekontrakteerde groep met die posisie waarin hulle kan speel in hakies agter hulle name is:

Voorspelers:

Etienne Janeke (1), Gustav du Rand (2), Partick Kitete (4), Ntsika Fisanti (6/7), Bryan Le Roux (3), Jan-Henning Campher (2), Tiaan de Klerk (5), Willie Engelbrecht (6/7/8), Sampie Swiegers (3), Darnell Osuagwu (2), JJ Scheepers (4/5), Armand Maritz (6/7), Zukisa Sali (1/3), Chyle van Zyl ( 2), Miyelani Ngobeni (4 ), Ruwald van der Merwe (6/7), Kudzwai Dube (1), Andre Goedhals (5), Marvelous Mashimbyi ( 7/8), Junior Banda (1/3), Hanno Theunissen ( 4), Andre Fouche (6/7/8), Stefan de Jager (1), Heinz Bertram (7).

Agterspelers:

Reagen Oranje (9), Danrich Visagie ( 10), Clinton Swart ( 12), Lundi Msenge ( 14), Russwill Fredericks (9), Nevaldo Fleurs (10), Wian van Niekerk (12), Darren Adonis (11),), Conor van Eeden (9), Sango Xamlashe (12/13), Tino Swanepoel (14/15), Thomas Bursey (9), Jaycee Nel (13), Dalvon Blood ( 1/14), Logan Opperman (12), Alfondso Isaacs ( 11/14), Qamani Kota ( 14/15), Valentino Wellman (14/15), CJ Swartz (14).

Spelers wat tans beseer is: Zukisa Sali, Stefan de Jager, Heinz Bertram, JJ Scheepers, Jan-Henning Campher.
*Puma haker, Eduard Swart, het hom voltyds by die Haaie aangesluit, waar hy groot indruk maak.
*Die Middelburger, Michael Benadie, is weer vir die Boland gekies.

Bepalings:

  • 6 Maart weg teen SWD Arende.
  • 14 Maart tuis teen Oostelike Provinsie.
  • 20-Maart 18:00 Toyota Cheetahs vs Airlink Pumas Toyota Stadion, Bloemfontein
  • 27-Maart 19:00 Airlink Pumas vs Valke Mbombela Stadion, Nelspruit
  • 4-April loslootjie.
  • 11-April 15:30 Border Bulldogs vs Airlink Pumas – Sisa Dukashe Stadion, Mdantsane
  • 17-April 19:00 Airlink Pumas vs Luiperds Mbombela Stadion, Nelspruit
  • 26-April 15:00 Suzuki Griekwas vs Airlink Pumas Suzuki Stadion, Kimberley
  • 03-Mei 15:00 Airlink Pumas Sanlam Boland Kavaliers Mbombela Stadion, Nelspruit
  • 08-Mei 19:00 Airlink Pumas vs Griffons – Mbombela Stadion, Nelspruit
  • 16-Mei semi-finaal.
  • 23 Mei eindstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button