Sport

Vlokkie en Ben help Tukkies om in Bloem te wen

Varsitybeker lewer weer opwindende studenterugby op

Die span wat hierdie jaar die Varsitybeker wil wen, sal eers verby Tukkies moet kom.
Die Pretoriase studente met oud HTS Middelburg se Christiaan Vlok en Hoërskool Middelburg se Ben Jansen van Vuuren in hulle geledere, het Shimlas in Bloemfontein met 38-8 geklop.
Vlok het weer op senter diens gedoen met groot Ben wat die nommer vier trui gedra het, alhoewel hy gewoonlik in die lostrio is.

Tuks skitter

Die weg wen het gewys dat Tuks moeilik gestuit gaan word.
Shimlas het verlede week maklik met Maties afgereken.
Die kragmeting is in moeilike omstandighede gespeel, met ’n nat veld en reën wat kort-kort uitgesak het.

  • Maties was rustyd nog met 8-16 agter teen die Universiteit van Johannesburg maar het die laaste 20 minute vlamgevat om met 39-19 te wen.
  • Ikeys het die Sentraal Universiteit vir Tegnologie met 83-34 afgeransel.
  • Die Pukke, Noordwes Universiteit, was met 63-15 baas teen die nuwelinge Emeris.
  • Maandag speel UJ om 16:45 tuis teen die NWU Arende (Pukke). Die wedstryd word gebeeldsend.
  • Om 19:00 hervat Tukkies sy jarelange stryd teen Maties.
  • Ook om 19:00 speel die twee Bloemfonteinse spanne, Sentraal Universiteit of CUT en Shimlas teen mekaar. Dit is ’n televisie wedstryd.
  • Emeris is om 19:00 tuis in aksie teen Ikeys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button