Sport

Pappie en Mammie saam in Kaapse Fietstoer

Magda Nieuwoudt gaan jaag, Gustav Basson na Griekeland

Twee egpare van Middelburg durf Sondag die Kaapse Fietstoer oor 109km aan.
Jurgens Steyn gaan saam met sy vrou Angelique die Kaapse Skiereiland verken, terwyl Riaan Janse van Vuren en Deseré sê hulle gaan beslis nie jaag nie, maar die Kaapse skoonheid indrink.

Deseré en Riaan Janse van Vuren.
Deseré en Riaan Janse van Vuren. FOTO: Verskaf.

Ervare fietsryers, wat die ou Argus gery het, deesdae die Kaapse Fietstoer, kan nie uitgepraat raak oor veral die gedeelte by Chapman’s Peak nie, waar die Kaap sy mooiste voet voorsit.
Op ’n stadium ry deelnemers die pas af, met die oseaan wat neffens hulle wink.

A cyclist wearing a helmet, sunglasses, and a cycling kit rides a road bike on an outdoor track
Magda Nieuwoudt is slaggereed vir die Kaapse Toer. FOTO: Facebook.

Die Kaapstad Fietstoer, word erken as een van die wêreld se grootste tydgebonde massadeelname-fietsrygeleenthede en lok fietsryers van regoor die wêreld om die skoonheid van die Kaap op twee wiele te ervaar.
Daar was verlede jaar 28 000 deelnemers.

Die oud Hoërskool Middelburg personeellid, Magda Nieuwoudt, het haar fokus van driekamp af na fietsry geskuif en onmiddellik presteer. Sy het verrassend derde geëindig in die RideJoburg en gaan ook in die Kaap trap.
Dit sal interessant wees om te sien hoe vaar sy teen die meer ervare elite ryers.

A cyclist in a yellow and blue uniform and helmet stands beside a bicycle, smiling at the camera near a fenced area at an outdoor event.
Gustav Basson. FOTO: Facebook.

*Oud HTS Middelburg leerling, Gustav Basson, neem nie deel nie. Hy vlieg Griekeland toe om aan die Grand Prix Rhodes wedren deel te neem en daarna in die Toer van Rhodes te jaag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button