Ruan Korb wat op sy dag vir HTS Middelburg se eerste gholfspan gespeel het, het ’n skitterende tweede rondte gespeel in die JoBurg Ope en is op -7.
Hy het die dag begin op -2 maar sy rondte van -5 plaas hom saam met die voorlopers.
Brandon Robinson Thompson het die Houghton baan aan die brand gespeel vir ’n rondte van -8 en is die voorloper op -12 oor die twee dae.
Korb is tans die voorste Suid-Afrikaner op die telbord saam met Jayden Schaper, Luke Brown en Louis Albertse.
Oliver Bekker het weer gesukkel en is op +1.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
