Sport

Korb ryg die voëltjies in oor eerste nege

Oliver Bekker oorleef nie die valbyl nie in JoBurg Ope.

Die Middelburger, Ruan Korb, het ’n gelyk aan baansyfer gespeel, in die derde rondte van die JoBurg Ope en is op -6 vir die toernooi, wat op die Houghton baan beslis word.

Die laaste rondte word more gespeel.

Oliver Bekker het nie die valbyl oorleef nie, na rondtes van 70 en 71.

Korb het ’n skitterende tweede rondte van 66 gespeel wat vier onder baansyfer was.

Hy het dit vandag opgevolg met ses voëltjies,,maar oor die tweede nege effens kleigetrap en op die 12de ’n hou afgestaan en op die 15de twee brouhoue aangeteken.
Was dit nie daarvoor nie, kon hy in die voorlopers se nekke geblaas het.

Hennie du Plessis gee die pas aan op -14, gevolg deur Alex Fitzpatrick, Don Bradbury, Casey Jarvis en Brandon Robinson op -12.

Jarvis is waarskynlik die gevaarman nadat hy verlede week ook die SA Ope gewen het.
,

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button