Al het hy soos die meeste spelers ’n moeilike laaste dag by die Joburg Ope beleef kan Ruan Korb tevrede voel met vier dae se werk by die Houghton Gholfbaan. Hy het drie oor syfer gespeel en ’n 73 op sy telkaart ingevul vir ’n -3 vir die toernooi.
Dan Bradbury het gewen met ’n -17, gevolg deur Brandon Robinson Thompson en Casey Jarvis een hou terug op -16.
Die aksie skuif nou na die Courier Guy uitspele by Serengeti vanaf 12 tot 15 Maart.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
