Sport

Moeilikheid Saterdag op Loftus Versfeld

Behalwe vir die rugby gaan Jakkals ook sy Vibes wys

Daar is Saterdag Moeilikheid op Loftus Versfeld terwyl Jakkals ook sy Vibes gaan gooi.
Asof dit nie genoeg is dat die Bulls en Stormers vir aksie gaan sorg in die Verenigde Rugby Kampioenskap wedstryd nie, is ’n vermaakprogram bymekaar gesit wat KKNK sal jaloers maak.

Gesinsuitstappie

Dit is amper soos in die ou dae waar rugby ’n gesinsuitstappie was, waar jy agt uur die oggend by die stadion se hek gewag het.
Daardie jare het die laerskole al agt uur begin speel, dan die hoërskole, die o/20 span, die B-spanne en daarna die hoofdis.

Die Daisies maak amok

Nou kom die Bulls Daisies Saterdag om 10:30 teen die Oostelike Provinsie se Queens te staan.
Die Daisies maak deesdae amok in die land met een na die ander groot oorwinning.
Om 11:40 is Julanie J Moeilikhjeid aan die beurt, gevolg deur Martin Bester en sy orkes om 12:20.

Afskoptyd

Die spanne van die Bulls en Stormers kom 12:35 by die veld aan.
Afskop is om 14:00.
Halftyd is daar die Vodacom dino dash.

Na die wedstryd tree DJ Arod op om 16:00, Jakkals Vibes 16:20, Jazzy D 17:00 en 18:00 DJ Arod/ShaMan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button