Sport

Sampie draf voor vir Pumas teen OP Olifante

Waarom is Mielieboere so misoes in SA Beker kompetisie?

Hoe kan ’n rugby-unie wat meer as honderd jaar oud is, spelers soos Warren Jevon, Griespomp van der Merwe, Johan Claassen, Lofty Nel, James Stoffberg, Dick Putter, Eugene Hare, DP Swart, Albie Bates, Dolf Jonker, Dirk de Vos, Flippie van der Merwe en Botha Rossouw, opgelewer het, so agteruit gaan dat hy met met ’n honderdtal teen Griekwas verloor?

101-7 Teen Griekwas

Wes-Transvaal is in 1920 gestig.
Hy het die naweek in die SA Beker kompetisie met 101-7 teen Griekwas vasgeval.
Een van die ou Suidoos-Transvaal se moeilikste wedstryde was altyd op Oliënpark.
Nou is die een trotse Mielieboer span ’n groot misoes.
Wat verstommend is, is dat hy oor ’n universiteit beskik, met een van die top Varsitybeker spanne in die reeks, die Pukke of FNB Noordwes Arende.

Formidabele afrigtingspan

Na die eerste naweek se SA Beker wedstryde was die Pumas se Jimmy Stonehouse die groot wenner.
Hy het teen ’n formidabele afrigtingspan van die SWD Arende in George te staan gekom en naelskraap met 28-26 gewen.
Formidabel? Inderdaad! Heyneke Meyer (Springbok afrigter), Paul True (Sewes Bokke), Frans Ludeke (Leeus en Bulls) en Phil Pretorius (OP, Valke, Maties, Tukkies) rig die SWD af.
Die verrassingspakket van die naweek was Boland Kavaliers wat die Cheetahs van Frans Steyn in Bloemfontein met 34-24 geklop het.

Vierperdwedloop

Dit gaan waarskynlik ’n vierperdwedloop wees met die Pumas, Griekwas, Cheetahs en Boland die beste spanne.
Die Griffons het die Grens Bulldogs met 36-17 geklop

Die SA-beker

Die SA-beker is in 2024 gestig en het die Mzansi-uitdaging vervang om ’n belangrike gaping tussen die voorseisoen en die begin van die Carling Curriebeker premier- en eerste divisie-kompetisies te vul. Nadat Suzuki Griekwas as die eerste kampioene van die SA-beker gekroon is, het die Airlink Pumas hulle in die 2025-eindstryd in Nelspruit onttroon. Die twee finaliste, sowel as die Toyota Cheetahs en Sanlam Boland Kavaliers, het gekwalifiseer vir die Carling Curriebeker premier afdeling saam met die vier Vodacom VRK-franchises, terwyl die Valke, Griffons, Luiperds, SWD Arende, Oostelike Provinsie en Grens Bulldogs in die Carling Curriebeker eerste divisie sal speel. Griekwas en die Pumas is bo aan die punteleer.

Naweek se bepalings

Vrydag 13 Maart:

  • 18:30 Luiperds vs Cheetahs.
  • 19:00 Pumas vs Oostelike Provinsie in Nelpruit.

Saterdag 15 Maart:

  • 15:30 Grens Bulldogs vs SWD Arende.
  • 16:00 Boland vs Griffons.

Sampie Swiegers draf weer voor vir die Pumas teen die OP, terwyl Willie Engelbrecht, die gereelde kaptein, nog beseer is. Hy sal eers weer in April kan speel.

Pumas:

Andrew Kota,Valentino Wellman, Sango Xamlashe (Onder kaptein), Clinton Swart, Lundi Msenge, Danrich Visagie, Thomas Bursey, Marvelous Mashimbyi, Ruwald van der Merwe, Ntsika Fisanti, Tiaan de Klerk, Hanno Theunissen, Sampie Sweiegers (k), Gustav du Rand, Etienne Janeke. Plaasvervangers: Darnell, Osuagwu, Kudzwai Dube, Bryan le Roux, Miyelani Ngobeni, Andre Goedhals, Raegan Oranje, Jaycee Nel, Tino Swanepoel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button