Sport
Dit is byna halfpad vir Wingchicks in Cape Epic
Beers en Nortje sak terug tot vyfde plek in moordende bergfietswedren
Middelburg se fietsryspan in die Cape Epic, Sanet Griesel en Thiesa Janse van Rensburg, is byna halfpad.
Die Wingchicks, soos hulle bekend staan, het vandag se skof in 7:17:30.4 voltooi.
Hulle is sesde algeheel van die grootmeester vroue.
Martha Koekemoer en Jenny Ronngren is die voorste span met ’n tyd van 6:03:51.1.
87 Kilometer skof
More is ’n korter skof oor 87 kilometer met die begin en eindpunt by Greyton. Daar word 1750m geklim.
Moneycomb is die voorlopers onder die elite mans met Marc Pritzen en Felix Stehli wat voor trap.
Mathhew Beers en Tristan Nortje het teruggesak tot die vyfde plek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
