Sport

Ben wen belangrike losbal vir Tukkies in Varsitybeker halfeind

Waarom sukkel die Bulle om ’n losskakel te koop terwyl daar een op Potch is?

Na ’n stil eerste helfte het Ben Jansen van Vuuren gisteraand in die Varsitybeker ’n losbal gewen wat Tukkies van ’ n oorwinning oor die Universiteit Johannesburg verseker het.
Tuks was op die agtervoet en moes keer so al wat hulle werd is, toe Jansen van Vuuren sy lyf op die spel geplaas en besit omgekeer het.
Hy het die veld kort daarna met krampe verlaat.
Die ander Middelburger in die Pretoriase span, Christiaan Vlok, het op binnesenter andermaal ’n bestendige vertoning gelewer.

Vier geel kaarte

Die spanne was rustyd nog met agt elk gelyk en Tuks het gesukkel om aan die gang te kom.
Hy moes behoorlik sweet om die Johannesburgers onder te kry.
Toy Engelbrecht het vir UJ op die einde ook ’n goeie losbal gewen, maar is beslis ’n beter nommer ses flank as agsteman.
UJ het vier geel kaarte afgestaan.

Pukke tops

Die groot aantal Pukke op die dorp sal verheug wees met die Potchefstromers se allesoorheersende vertoning teen Maties.
Die Noordwes Universiteit se Arende het Maties geskrum dat hulle na Dok Craven verlang.
Met MJ Mostert wat op losskakel briljant was, is die Arende ’n kombinasie wat herinner aan die Noord-Transvaal spanne wat deur Buurman van Zyl afgerig is. Omgekrapte agttal en losskakel wat dikteer.

Talentvolle losskakel

Mens wonder waarom sukkel die Bulle om ’n losskakel te koop, terwyl een van die talentvolstes in die land op Potch rondloop.
Met so vertoning en 50-10 oorwinning, gaan hulle moeilik deur Tuks gestuit word. Die NWU Arende is ook die enigste span wat Tukkies kon klop die jaar. Tjaart Joubert het in ’n verloor pak ’n stillerige wedstryd gehad.

Eindstryd

Die NWU Arende en Tukkies speel Maandag om 19:00 in die eindstryd van die Varsitybeker op die LC de Villiers Stadion in Pretoria.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button