Hy is maar net 13 jaar oud en ’n leerling aan Laerskool Julian Muller van Groblersdal, maar hy hardloop so vinnig, dat nie eers ’n renoster hom sal vang nie.
Klein Jain-Luc Jonker was die mans wenner tydens die vyf kilometer Rhino Pretloop wat Saterdagoggend vanaf die damwal aangebied is.
Die pretloop is deel van die Loskop marathon-reeks wat deur die dag aangebied is.
Al draf hy soos die wind, bly rugby sy gunsteling sport.
Hy het die groot eer gehad om sy spesiale renoster trofeetjie van die Olimpiese goue medalje wenner, Josiah Thugwane, te ontvang.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
