Sport

Pumas pak Vrystaat Vrydagaand

Span in pienk het ondersteuning nodig om Cheetah aanslag te stuit

Alle paaie lei Vrydagaand na die Mbombela Stadion op Nelspruit.
Die Puma rugbyspan begin met die eerste uitdaging om sy 2025 SA Beker kroon te verdedig.
Die Pumas se uitvoerende hoof, Marius Janse van Rensburg, het vanoggend gesê dit was ’n stresvolle seisoen, maar lekker om weer terug te wees in die Curriebeker.

Griekwas is die eerste jaar van die SA Beker as kampioene gekroon en is die oorweldigende gunstelinge om vanjaar weer so te maak.
Die Diamantvelders speel in Kimberley teen Boland wat vierde geëindig het en ook deurdring na die Curriebeker.

Daar word algemeen verwag dat Griekwas die ander halfeind maklik sal wen.
Griekwas is ook die huidige Curriebeker kampioene nadat hulle die Leeus verlede jaar in die eindstryd geklop het.

Heyneke Meyer en sy SWD Arende sal volgende jaar weer moet probeer met Boland wat deurdring met ’n beter punteverskil.
Die Pumas het voorwaar ’n broekskeur seisoen beleef met ’n amperse nederlaag teen die SWD in George in sy eeerste wedstryd, en daarna ’n kragmeting wat teen die einste Vrystaat gestop is, as gevolg van donderweer.

Frans Steyn se span het Vrydagaand tekens getoon dat hy sy roes afgeskud het en besig is met ’n opwaartse kurwe.
Die Cheetahs is die enigste span wat Griekwas die seisoen kon klop.

Maklik gaan dit nie Vrydagaand wees nie, alhoewel die Pumas se tuisveldvoordeel die wa deur die drif behoort te trek.
Mens kry ook die gevoel dat die span nog nie vanjaar werklik gekliek het nie.
Afskop is om 18:00 en die span in pienk sal elke stem uit Mpumalanga nodig hê om die aanslag uit Bloemfontein te stop.

Punteleer

Griekwas eindig eerste met 42 punte, Pumas 38, Cheetahs 35, Boland 32, SWD 32, Valke 29, Oostelike Provinsie 18, Griffons 13, Luiperds 9, Grens Bulldogs 0.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button