Sport

Dit is weer Puma woema

Span in pienk wen SA Beker vir tweede jaar in ’n ry.

Die Pumas is die 2026 SA Beker kampioene.

Die span in pienk het Griekwas met 35-38 in Kimberley geklop.

Nog voor die afskop het die Pumas  ’n terugslag gehad toe sy spelskepper, Clinton Swart, siek geword het en vervang moes word deur Nevaldo Fleurs met Danrich Visagie op die bank.

Albei losskakels was briljant met veral Visagie wat laat in ekstra tyd ’n drie gedruk, met die doelskop geslaag en ook met ’n strafdoel geslaag het wat uiteindelik die verskil gemaak het.

Die Pumas was ook verlede jaar die kampioene.

Die televisie uitsending was van swak tegniese gehalte met die klank wat van sag na hard verander het en die telling is telkens verkeerd op die skerm aangedui.

Die rustydtelling het gewys 26-9 vir die Pumas terwyl dit 28-7 was.

Jimmy Stonehouse se span het in die eerste helfte uitstekende eindstryd rugby gespeel en Griekwas in hulle eie halfgebied vasgepen, om met rustyd 28-7 voor te loop.

Die tweede helfte het aan Griekwas behoort en toe die eindfluitjie blaas was die telling 28 elk.

Tien minute van twee helftes moes uiteindelik die wenners bepaal.

Die fokus  sal nou na die Curriebeker verskuif waar albei spanne in aksie gaan wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button