Sport

“Ref maak oop jou oë!”

Rugbyliefhebbers verstom met wat hulle sien

Van rusbanke het dit die laaste paar weke opgeklink: “Ref, maak oop jou oë!”
Rugbyliefhebbers kon nie hulle oë glo met wat skeidsregters toelaat nie.
Die skopper het nie van agter die middel- of kwartlyn afgeskop nie, by die skrums is die bal skeef ingegooi en slotte moes die bal hak, by lynstane het die haker in die speelveld gestaan, wanneer hy die bal ingooi.

Die gewese toetsblaser, Freek Burger, het in ’n koerantbrief gevra of daar dan nou ’n nuwe spel ontwikkel.
“Enkele voorbeelde; by die afskop, mag die skopper oor die merkie trap en sy spelers voor die bal wees.”
Hy skryf by skrums mag die bal skeef ingegooi word en slotte moet die bal hak. Spelers van diedieselfde span mag ’n “treintjie” maak deur aan mekaar te bind en die onkantlyn vir verdedigers terug te skuif.
By lynstane mag die haker in die speelveld staan, terwyl hy ingooi, en verdedigers mag die 10 meter-spasie toemaak nadat die bal ingegooi is.

Jacques Muller en Sam Gerber. FOTO: Verskaf.

Burger sê aan Die Burger, “hoewel die skeidsregter die merk aandui by skoppe na die kantlyn, mag die skopper veld steel”.
Opponente wat terugval, mag die skopper speel wat ’n vinnige tikskoppie neem by ’n strafskop.
“Die baldraer kry altyd die vvoordeel wanneer hy met ’n opponent se kop in kontak kom, selfs as dit lyk of hy ’n strafskop “melk”.
’n Kommerwekkende verandering is dat daar op die driedrukker in die doelgebied geduik mag word. Burger vra tereg “en hom beseer”.

Julle wat gebrom het die skeidsregter het sy gidshond by die huis vergeet, daar het julle dit.
Rugby waar die vleuel die bal by die lynstane ingooi en lemoene rustyd uitgedeel is, is vir altyd verby.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button