Sport

Potgieter vervang Oosthuizen in Ope

Agt Suid-Afrikaners mik na gesogte Claret Jug

Oud Laerskool Middelburg leerling, Aldrich Potgieter, is aangewys as die plaasvervanger vir voormalige kampioen Louis Oosthuizen in die 2026 Ope Kampioenskappe, ook bekend as “Die Ope” of “Britse Ope”.
Dit is die oudste gholftoernooi in die wêreld.

Daar is agt Suid-Afrikaners in die veld nadat Potgieter Maandag misluk het in sy poging om te kwalifiseer deur die nuut bekendgestelde Laaste Kans Kwalifiseringstoernooi.

Gelyk aan syfer

Potgieter het ’n voëltjie op die laaste putjie nodig gehad om Maandag ’n uitspeelwedstryd af te dwing, maar het uiteindelik op die 18de ’n hou afgestaan nadat hy die sand gevind het met sy naderhou vir ’n gelyk aan syfer.

Die Ope begin more (Donderdag).
Potgieter vervang die beseerde Oosthuizen in die 14:53-afslaantyd met die plaaslike GholfRSA-amateur Jack Buchanan en die Sweed Jesper Svensson vir geselskap.

Die Ope keer hierdie week terug na Royal Birkdale terwyl die wêreld se top gholfspelers op Engeland se noordweste toesak, almal met oë op die gesogte Claret Jug.

Suid-Afrikaners se afslaantye

09:14: Hennie du Plessis, Josele Ballester, Dan Bradbury
12:04: MJ Daffue, Fred Lacroix, Jack McDonald
13:36: Shaun Norris, Sami Valimaki, Jackson Suber
13:58: Casey Jarvis, Keegan Bradley, Corey Connors
14:20: Michael Hollick, Padraig Harrington, Marco Penge
14:53: Aldrich Potgieter, amateur Jack Buchanan, Jesper Svensson
15:09: Jayden Schaper, Bud Cauley, Lucas Herbert.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button