Sport

Aldrich bestendig in Ope

Arend maar ook brouhoue op sy telkaart

Aldrich Potgieter kan tevrede voel met sy vertoning in Die Ope, of Britse Ope, soos die toernooi ook bekend was.
Hy het ’n week se bestendige gholf agter die blad.

Hy het die afsnypunt oorleef na rondtes van 69 en 72 en daarna ’n 71 en 70 gespeel.
Op die eerste dag het hy drie brouhoue op sy telkaart ingevul maar ook vier voëltjies aangeteken.

’n Pragtige arend op die 17de putjie en ’n voëltjie is in die tweede rondte bederf met vyf brouhoue.
Die derde rondte se 71 het bestaan uit twee dubbel brouhoue, ’n brouhou en vier voëltjies.

Op dag vier het hy vier voëltjies, en vier brouehoue op sy telkaart ingevul vir ’n 70 en +2 vir die toernooi..
Ryan Fox was die algehele wenner met ’n -10 en Casey Jarvis die bes geplaasde Suid-Afrikaner op -6.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button