Geen Fisanti maar Marvelous vir Pumas
Twee spanne is desperaat vir oorwinning na naelskraapse nederlae
Na sy nederlaag teen die Haaie in die eerste Curriebeker wedstryd van die seisoen, het afrigters Jimmy Stonehouse en Corné Steenkamp, verskeie veranderinge aan die Puma span aangebring vir more se kragmeting teen die Leeus in Johannesburg.
Afskop 15:00 op Ellispark
Beide spanne sal desperaat wees vir ’n oorwinning, want die Leeus het teen die Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein vasgeval.
Die Leeus is ’n span wat nie sonder handskoene aangepak kan word nie en het by tye goeie rugby teen die Vrystaters gespeel.
Alfondso Isaacs speel in Lundui Msenge se plek op vleuel, Troy Delport vervang Wian van Niekerk op senter, sewes Bok Dalvon Blood is in Tino Swanepoel se plek in die nommer 14 trui, De Wet Marais vervang Ntsika Fisanti op flank. Kaptein Willie Engelbrecht skuif van agsteman na sewe flank in die plek van Ruwald van der Merwe, met Marvelous Mashimbyi in die nommer agt trui. JJ Scheepers gaan die nommer vyf trui dra en die oud Puk kaptein, Stephan Krugel, dra die nommer vier trui met Tiaan de Klerk wat weggelaat is.
Pumas
Jaycee Nel, Alfondso Isaacs, Sango Xamalashe (Onder kaptein), Troy Delport, Dalvon Blood, Danrich Visagie, Thomas Bursey, Marvelous Mashimbyi, Willie Engelbrecht (Kaptein), De Wet Marais, JJ Scheepers, Stephan Krugel, Junior Banda, Chyle van Zyl, Etienne Janeke. Plaasvervangers: Jan-Henning Campher, Kudzwai Dube, Bryan le Roux, Andre Goedhals, Thabo Ndimande, Conor van Eden, Nevaldo fleurs, Valentino Wellman.
