Sport

Vlokkie begin teen Leeus

Oud Rooi Bul kry groot vuurdoop teen Leeus wat met stert in die lug is

Christiaan Vlok kon vir geen groter vuurdoop gevra het as more se Curriebeker wedstryd teen die Leeus nie.
Die oud HTS Middelburg, Puma, Puk en Tukkies senter, is in die begin vyftiental ingesluit wat die Leeus in Johannesburg pak.

Tydige hupstoot

Met hul Carling Curriebeker-veldtog wat dringend ’n ommeswaai nodig het, na twee agtereenvolgende nederlae, het die Vodacom Bulls XV ’n tydige hupstoot gekry met ses lede van Suid-Afrika se Wêreldrugby o.20-kampioenskapwenspan wat ingesluit is in die wedstryddag 23-tal vir môre se kragmeting.

Siphosethu Mnebelele, Kebotile Maake, Heinrich Theron, Hendre Schoeman, Aka Boqwane en Thomas Beling, keer almal terug na Vodacom Bulls se kleure nadat hulle die Junior Springbokke gehelp het om die Wêreldrugby o.20-kampioenskaptrofee te lig.

Curriebeker-debuut

Die wedstryd vind by die Universiteit van Johannesburg plaas.
Die wedstryd sal ook ’n belangrike mylpaal wees vir verskeie van die jong sterre, met sewe spelers wat in die ry is om hul Curriebeker-debuut te maak. Maake, Theron, Schoeman en vleuel Lindsey Jansen begin almal, terwyl Johnathan Eloff, Boqwane en Lavela Pongolo hul eerste Curriebeker-wedstryde van die bank af kan verdien.

Die ervare slot Nicolaas Janse van Rensburg is die kapteinskap oorhandig en sal ’n span lei wat gevestigde veldtogspelers met opkomende talent kombineer. Hy vorm ’n vennootskap met Sintu Manjezi, terwyl wêreldkampioen Beling op agsteman begin, saam met mede-debutante Maaka en Theron in die lostrio.

Regmerkie op skrumskakel

In die agterlyn kry nog ’n Junior Springbok-wêreldkampioen, Hendre Schoeman, die regmerkie op skrumskakel saam met losskakel Keagan Johannes. Jansen begin op die vleuel, met Devon Williams wat waardevolle ervaring op heelagter byvoeg.

Die Leeus is met die stert in die lug na goeie vertonings teen die Cheetahs en Pumas.
Griekwas en die Cheetas speel vanaand om 19:00 teen mekaar.
More pak die Haaie en Stormers mekaar om 15:00.
Die Leeus en Bulle is om 17:05 slaags.
Die Pumas speel Sondag in Wellington teen die Boland om 15:00.

Vodacom Bulls XV vs Leeus

1. Damian Baker
2. Jaundre Schoeman
3. Dian Coetzee
4. Sintu Manjezi
5. Nicolaas Janse van Rensburg (c)
6. Kebotile Maake*
7. Heinrich Theron*
8. Thomas Beling
9. Hendre Schoeman*
10. Keagan Johannes
11. Lindsey Jansen*
12. Christiaan Vlok
13. Hakeem Kunene
14. Riyaad Bam
15. Devon Williams

Plaasvervangers

16. Siphosethu Mnebelele
17. Dylan Smith
18. Jean Erasmus
19. Johnathan Eloff*
20. Abongile Nonkontwana
21. Cephas van Biljon
22. Aka Boqwane*
23. Lavela Pongolo*
* Curriebeker-debutant.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button