
Daar is lewe na Wynand de Villiers.Die gevalle organiseerder van die meeste groot Suid-Afrikaanse fietswedrenne het ’n groot leemte gelaat op die fietsrykalender.
Gelukkig is die een se dood die ander se brood en het Lenie Smit van Lenick Promosies ingespring om ’n paar suksesvolle padfietswedrenne te reël.
Een daarvan is die Vrouedag wedren wat Saterdag by Rooiwal aangebied word.
Dit was die afgelope twee jaar baie gewild onder padfietsryers en ’n groot veld word weer Saterdag, 8 Augustus, verwag.
Die wegspring is om 8:00 en daar is afstande van 26, 50 en 95km.
Aanlyninskrywings sluit vanaand, 3 Augustus, om middernag.
Daar kan by MyActive se aanlynplatform ingeskryf word.