Sport

Valera en Gerry weer deel van Pumas

Jong span in pienk gaan op Groblersdal speel

Die Puma o.21 span het hierdie jaar ’n sterk en ervare groep wat sy man kan staan in die nasionale liga.
Die oud Blou Bulle skrumskakel, Conrad Breytenbach, se seun, Valera, is weer in die groep.
Hy het verlede jaar op flank vir die Pumas diens gedoen.

Wyle Gerry Gendall, een van die Suidoos-Transvaal en Puma legendes, se seun, Gerry, is ook weer in die span. Gerry (senior) het natuurlik op enige plek in die span gespeel, net solank hy kon speel. Hy was egter soos sy seun hoofsaaklik ’n agterspeler.

Hanro Terblanche. FOTO: Verskaf.

Die gewese HTS Middelburg speler, Hanro Terblanche, is ook in die oefengroep.

Die groep is:

Amukelo Mtetwa, Eben van Wyk, Hanro Terblanche, Nardus de Wet, Zak Broekman, Sethlako Lamola, Jayden Packer, Jaden Bekker, Andre Smit, JC Botha, Steven Nkosi, Caden Kruger, Gerry Gendall, Nkaketo Phaks, Glen Nkosi, Ruan van der Westhuizen, Stephan Tshimangu, Sam Hadebe, Christopher Janse van Vuuren, Believe Zandila Mwabi, Zothani Mesuli Dlomo, Damian de Beer, Craven Crause, Valera Breytenbach, Thandolowethu Mgwenya, Spongakonke Banda, Aukiwe Inam Magqza, Andre Coetzer, Banele Kutamela, Juadre Claasen, Benito Goeda, Uyanda Fikizolo, Josh van Schalkwyk, Byron Adams, Lian Jodraan, Kathlego Makamu, Andeon Pringle, Jezreel Brown.

Die jong Pumas gaan ook hierdie jaar ’n wedstryd speel op die veld van Hoërskool Ben Viljoen.
Die o.21 Suid-Afrikaanse o.21 Skild kragmeting vind op 22 Augustus op Groblersdal plaas. Afskop is om 14:00.

Bepalings

Op 29 Augustus speel die span teen die Valke in die Barnard Stadion.
5 September teen Griekwas in die Suzuki Stadion.
12 September teen die Limpopo Blou Bulle op Nelspruit.
19 September teen die Griffons ook op Nelspruit.
Die eindstryd is op 10 Oktober.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button