Jong Pumas pak Griekwas in Kimberley
Afrigter torring nie veel aan span ná oorwinning oor Valke
Dit is nooit maklik om in Kimberley te wen nie. Vra maar vir enige span wat al in die Diamantstad gespeel het.
Nou moet die Pumas se o. 21-span in slegs hulle tweede wedstryd in die ligafase Griekwas Saterdag op hulle harde veld pak.
Vol selfvertroue
Ná ’n oorwinnning van 47-26 oor die Valke moet afrigter Jacques Momberg en sy span egter vol selfvertroue wees.
Daar is min aan die vyftiental verander wat die Valke geklop het.
Pumas:
Damian de Beer, Azu Magqaza, Benito Goeda, Ruan van der Westhuizen, Bayron Adams, Gerry Gendall, Craven Crause, Nkateko Phakula, Believe Mwabai, Valera Breytenbach, Michael Versfeld, Jayden Bekker, Jaden Packer, Jan de Wet en Eben van Wyk. Plaasvervangers: Amukelo Mtetwa, Siba Lamola, Stephen Tshimanga, Sam Hadebe, Stephan Nkosi, Andeon Pringle, Uyanda Fikizolo, enKatlego Makamu.