News

Komaan, Middelburg – stem vir Christiaan Gouws!

Hoërskool Middelburg-afrigter Christiaan Gouws ding mee om prestige titel en het Middelburg se stemme nodig.

Komaan, Middelburg, gaan stem vir Christiaan Gouws! Ons kan nie toelaat dat hy tweede eindig nie!

Die afrigter van Hoërskool Middelburg is tans in ’n verwoede tweestryd om as Ruggas se 2026-afrigter van die jaar gekroon te word.

Gouws is tans tweede met 420 stemme, teenoor Divan Batt van Stellenberg se 501 stemme.

Springbok-vleuel Pieter Rossouw, wat Paarl Gimnasium afrig, is derde met 420 stemme.

Tel sommer my stem ook by en maak Gouws se telling 421.

Dit is sommer verspot maklik om vir Gouws te stem. Gaan bloot na die 2026 Ruggas Awards en bring jou stem uit.

Daar word ook in onder meer die kategorieë vir span van die jaar, mees waardevolle speler, beste voorspeler en beste agterspeler gestem.

Sedert Gouws die rugbyhoof van Hoërskool Middelburg geword het, het hy wondere verrig en die Middies gelei tot een van die spanne wat in 2027 weer in die Virseker Bekerafdeling gaan meeding.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button