Sport
Puma Amateurs klop Cheetahs
Puma Amateurspan is steeds onoorwonne na oorwinnings oor Limpopo Blou Bulle en Vrystaters.
Daar was darem een Puma-span wat die naweek met ’n oorwinning kon spog.
Die Puma Amateurspan het die Cheetahs naelskraap met 28-27 geklop tydens die kragmeting by die Witrivier Rugbyklub.
Die Amateurspan is steeds onoorwonne nadat hy ook vroeër ’n groot oorwinning oor die Limpopo Blou Bulle behaal het. Die span pak Saterdag in eMalahleni die Griffons in sy laaste wedstryd.

Die span het ook sy dank teenoor NMI Toyota uitgespreek, wat gesorg het dat die spelers gemaklik en veilig na die Laeveld kon reis.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
