Sport

Katgeveg op Witrivier

Rugbyondersteuners kan vroeg begin opwarm vir Bokke en All Blacks-wedstryd

Daar is môre ’n katgeveg op Witrivier!

Die Puma- en Cheetah-amateurspanne pak mekaar om 13:00 by die Witrivier Rugbyklub.
Vir rugbyondersteuners is dit die ideale geleentheid om te begin regmaak vir die laataandkragmeting tussen die Springbokke en All Blacks in Baltimore, Amerika.

Die wedstryd, wat om 23:00 afskop, word voorafgegaan deur die Curriebeker-eindstryd tussen die Pumas en Griekwas om 15:00 in Kimberley.

Albei wedstryde gaan op ’n grootskerm by die klub gebeeldsend word.
Toegang is R20 per persoon en R100 per koelhouer.

Die Puma Amateurs word uit klubspanne in die provinsie gekies.
Die span het die Limpopo Blou Bulle verlede week met 40-5 afgeransel, maar kom nou teen ’n sterk Vrystaat-Cheetahs-span te staan.

Die span is

Levy Leonard, Jacques Larkins, Divan Geyser, Johan Aspeling, Ryno de Lange, Louis Fourie, Liam Pringle, Delton Thusana, Visser Maas, Franco de Lange, Petrus Labuschagne, Steyl Barnard, George Groenewald, Robin Majodina, Duart Deichman. Plaasvervangers: Reghardt Vermaak, Craig van Deventer, Lusano Mhlongo, Marius Slabbert, Nick Nkosi, Vincent Roos, Odwa Nkunjana, Stiaan du Rand.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button