School sportSport

Rooi Bulle vergoed vir Trio nederlaag – Kanonkop op oorlogspad

Nelspruit lyk na die Mpumalanga span om die seisoen te klop.

HTS Middelburg het vergoed vir sy nederlaag op die eerste dag teen Trio by die Noord/Suid rugbyweek wat by Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria aangebied word.

Die Rooi Bulle het Humansdorp se Nico Malan naelskraap met 31-28 gewen.

Hoërskool Middelburg het sy tweede nederlaag op die lyf geloop, toe hy deur Wesvalia van Klerksdorp met 22-28 geklop is.

Die rugbyweek loop vandag ten einde, met wedstryde wat tot vanaand voortgesit word.

Nelspruit, wat deesdae deur die oud Puma Curriebeker afrigter, MJ Mentz, gebrei word, lyk op hierdie stadium na die Mpumalanga skool om te klop. Die Laevelders het ’n goeie 42-22 oorwinning oor Voortrekker van Bethlehem behaal.

Die Nelspruiters het ook met Framesby afgereken, 22-19.

Ander interessante uitslae is Hoërskool Middelburg tweedes klop Witteberg 50-7.

HTS Middelburg tweedes klop Trio met 30-24.

  • Op Volksrust het Hoërskool Kanonkop by die Amajubaweek weer sy stem dik gemaak deur deur Morgenzon met 53-5 af te ransel. Die wedstryd is halftyd gestop.
  • Die skool se tweedes het met 12-19 teen Alberton vasgeval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button