School sportSport

Swart Leeus gee Hendrina pakslae met vuurwarm rugby

KHS het verlede Saterdag die veld warm gespeel tydens wedstryde teen die Gekombineerde Skool Hendrina.

Middelburg se skolesport is tans in volle swang en Hoërskool Kanonkop (KHS) het die afgelope naweek gewys dat hul rugbyspanne gereed is vir enige uitdaging.

Kgotso Tsaoi van Hoërskool Kanonkop. Foto: verskaf.

Die Swart Leeus het Saterdag, 23 Mei, kragte gemeet teen Gekombineerde Skool Hendrina en die vonke het behoorlik gespat.

KHS se spanne het deur die bank karakter gewys, met veral die o. 14’s en die eerstespan wat die kollig gesteel het.

KHS se Christiaan Pienaar kry ’n hupstoot van Ramodud Lebeko-He. Foto: Verskaf.

Rugby-uitslae van die dag:

  • o. 14A wen 58-15
  • o. 15A verloor 19-24
  • o. 16A wen 34-7
  • Tweede span verloor 5-26 teen ’n taai Hendrina-span
  • Eerste span (Swart Leeus) wen 35-24 in ’n intense stryd om die dag op ’n hoë noot af te sluit.
Awande Dlamini van Hoërskool Kanonkop. Foto: Verskaf.

Met die winterseisoen wat nou behoorlik spoed optel, wys dié manne dat daar vanjaar ernstig rugby gespeel gaan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Check Also
Close
Back to top button