High SchoolSchool sport

Rugby 15 teen 15 nie 15 teen 13

Pumas Cravenweek span val vas in eerste kragmeting

Rugbywedstryde word tussen 15 spelers gespeel, nie 13 nie. Die Pumas het in hulle eerste wedstryd by die Cravenweek wat in Gqeberha aangebied word, met 43-29 teen Griekwas vasgeval, nadat hulle een geel kaart na die ander gekry het.

Voorsprong verkrummel

Griekwas het eers in die laaste 10 minute ’n geel kaart gekry na herhaalde oortredings.
Die Pumas het goed begin en gou voorgeloop, maar die kaarte het hulle voorsprong stelselmatig laat verkrummel.
Uplands se tweeling Siphesihle en Thubehile Marule het albei gaan druk.
Losskakel Ewan van der Merwe van Hoërskool Nelspruit het met sy stelskoppe gesukkel en kon nie een van die eerste drie drieë verdoel nie.

Plaasvervanger blink uit

Uzile Ox Mathelela van HTS Middelburg het uitgblink toe hy as plaasvervanger opgestuur is en gou ’n losbal gewen.
Die span sal nou later die week vir die laer plekke meeding.

  • Die Rhino manne in die Puma Akademie span het vanoggend hulle toernooi in Uitenhage suksesvol afgeskop met n oorwinning van 48-26 oor die Border Bulldogs! Welgedaan manne!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button