Motorskou Met Veteraanmotors
Die hekke open om 08:15 en buiten die veteraan- en nuwe modelle motorskou, is daar ander hoogtepunte wat insluit: plaaslike kunstenaars, brandweer-, honde-eenheid-, gimnastiek en skopboksvertonings, Almal kan uitsien na ’n Russiese vliegtuig se verbyvlug, valskermspringers, ’n mikroligte vliegtuig en daar kan selfs Bingo gespeel word. Motorfietsryers kan ook kom inloer, aangesien daar ’n paar …

Die hekke open om 08:15 en buiten die veteraan- en nuwe modelle motorskou, is daar ander hoogtepunte wat insluit: plaaslike kunstenaars, brandweer-, honde-eenheid-, gimnastiek en skopboksvertonings,
Almal kan uitsien na ’n Russiese vliegtuig se verbyvlug, valskermspringers, ’n mikroligte vliegtuig en daar kan selfs Bingo gespeel word.
Motorfietsryers kan ook kom inloer, aangesien daar ’n paar motorfietse uitgestal gaan word.
Daar sal oorgenoeg te eet en te drink wees en vir die jongspan is daar springkastele, gesigverf en skuim (deur brandweer gespuit) waarin hulle kan speel.
Toegang is R10 en met jou toegangskaartjie staan jy ’n kans om ’n prys te wen.
Vir enige verdere navrae, bel Johan Joubert by 083 227 0577 of 013 243 1559.
•Die dag word aangebied ten bate van die Kainos- en Invictus Privaatskole.
tobie@mobserver.co.za