EntertainmentLifestyle

Vernon B sing by bekendes

Die dorp se bekende blinde sanger, Vernon B, het die naweek nie net twee bekende kunstenaars ontmoet nie, maar moes sommer 'n paar van sy nuwe liedjies ook by hul optredes sing.

Vernon Barnard het Vrydagaand gaan luister na die optrede van Elvis Blue by Riverside.

Toe Elvis hoor Vernon B is in die gehoor, het hy vir hom gesê om dadelik vir die gehoor ‘n paar van sy liedjies te kom sing.

Saterdagaand was hy by Burger Hut met David Fourie se optrede.

Groot was die verrassing toe hy wéér deur Fourie en Andrew James genooi is om die mikrofoon se kom oorvat.

Vernon is baie opgewonde oor wat gebeur het en sien net so uit na Donderdagaand wanneer hy die voorprogram hanteer tydens Mathys Roets se optrede by Riverside Estate. Hiertydens sal Vernon ook sy debuut-album, “Overcome” vrystel.

Later hierdie maand sal hy weer op die verhoog wees met Kurt Darren, Lianie May en Ampie du Preez se vertonings op 24 Junie by die banketsaal.

Persone wat nog kaartjies wil bekom vir enige van die optredes, kan 072 106 5231 bel.

• Vernon se ma, Beneta, sê hy het die naweek konsertgangers se “harte gesteel” en dat sy baie trots is op hom.

• Carin du Plessis (van MidHartklop) het gesê “dat ek glo ons is almal oor mekaar se pad gebring vir ‘n rede.

Vernon is ‘n baie talentvolle, aantreklike jong man met ‘n groot toekoms.

“Dit is vir my, en MidHartklop, baie spesiaal en lekker om in hierdie opwinding te deel!”

Back to top button