EntertainmentLifestyle

Vrolike verjaardag vir Mathys

Die sanger Mathys Roets was verras met die dorp se harte wat saam met MidHartklop en Vernon B so warm geklop het om saam met hom sy verjaardag te vier.

Vernon B (Middelburg se eie sanger) het die opening hanteer met ’n paar snitte van sy debuut album “Overcome” wat ook die aand vrygestel is.

Na afloop van Mathys se vertoning, het Vernon B vir hom ’n lied gesing vir sy verjaardag en die kinders van Wondershoek het aan hom ’n speaiale plakkaat-grootte kaartjie oorhandig waarop hul elkeen se handafdruk en ’n boodskappie geskryf is. MidHartklop het vir hom ’n geskenk en ’n pragkoek, wat gelyk het soos ’n kitaar, oorhandig. Mathys was heeltemal uit die veld geslaan oor hierdie spesiale verjaardaggeskenke.

Op sy Facebookblad het hy genoem dat dit vir hom baie lekker was om ten bate van liefdadigheid op te tree en hy het ’n foto van homself met die koek geplaas.

Marinda Pieterse, finalis in die “Mrs Commonwealth SA”-kompetisie was die gasvrou tydens die geleentheid.

Rotariërs het ook 40 komberse aan die kinderhawe geskenk. Rotariërs, Choose a Burger en vele ander borge (wat verkies om anoniem te bly) het skenkings gemaak aan die kinderhawe in die vorm van etes en lekkergoed.

George Jardim (van eMalahleni) het 60 bottels wyn geskenk. Die sangers Mathys en Vernon B se gesigte is op die bottels geplaas en het soos soetkoek verkoop. Daar is nog 15 bottels wyn oor wat verkoop word teen R100 per bottel.

Persone wat nog bottels wyn wil bestel of Vernon B se debuutalbum, “Overcome” (R120) wil bestel, kan Carin du Plessis bel by 072 106 5231.

• MidHartklop en die Rotariërs wil graag die gemeenskap, borge en Riverside bedank wat bygedra het tot die sukses van die aand.

Back to top button