EntertainmentLifestyle
Sterre van formaat
Ané en Carla Els, graad 7-leerders van Laerskool Dennesig, het gekwalifiseer vir die Nasionale Kampioenskappe van SA Talentkampioenskappe tydens die provinsiale rondtes in eMalahleni op 17 Mei.
Beide het aan duette, en Carla in die solo-afdeling deelgeneem. Ané het reeds tydens die 2013 – Nasionale kampioenskappe vir die solo-afdeling gekwalifiseer met goud (85%).
Hierdie kampioenskappe vind jaarliks in Johannesburg plaas, waar deelnemers van reg oor Suid-Afrika eindig indien hulle tydens die provinsiale rondtes kwalifiseer.
Die meisies se uitslae is ook die week van Trinity Guildhall (Londen) ontvang vir die musiekeksamen wat hulle op 10 Mei in Johannesburg afgelê het. Ané slaag musiekteorie vlak 3 met meriete met 81% en Carla slaag dieselfde vlak, ook met meriete op 77%.
Hierdie eksamen word in Engels by verskillende sentra in SA afgelê en dan by Trinity College in London gemerk.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.