EntertainmentLifestyle

Kompetisie: Buitelewe skou by De Voetpadkloof

Die lente is tasbaar, mense dreig-dreig om die karavaan en die tent te pak en te gaan kamp, die visstokke af te stof en die stapklere aan te trek.

Wag-wag, gee kans, gaan kyk eers wat bied die buiteleweskou Saterdag en Sondag, 16 en 17 Augustus, by De Voetpadkloof, voordat jy al die mooi plekke invaar.

Om te deel in die pret bied die Middelburg Observer ’n kompetisie aan waar twee groot pryse deur een leser gewen kan word.

De Voetpadkloof se houthuise (Log cabins) is asemrowend mooi en ’n gelukkige leser kan ’n naweek in een van dié huise wen vir vier persone.

de_589341266

As bonus kan die wenner ook ’n ete ter waarde van R400 by Bospot Restaurant gaan geniet, wat neffens die Damwal kompleks geleë is.

Om deel te neem sms eenvoudig die woord Buitelewe na 37940 met jou selnommer daarna.

’n Rekenaar sal die wenner aanwys op 14 Augustus en hy sal telefonies in kennis gestel word.

Die Middelburg Observer publiseer ook volgende week ’n bladsy met al die inligting wat by die buiteleweskou gaan gebeur en alle ander toepaslike inligting.

de_534129296

Back to top button