Video: Hondjies in rivier gegooi
’n Skokkende video wat wys hoe ’n jong vrou babahondjies in ’n rivier gooi, het hewige reaksie op Facebook ontlok. Me. Michelle Pieterse het die video van Facebook afgelaai en die volgende op die die Middelburg Observer Facebookblad geskryf:

“Ek het via Facebook nou ’n video afgelaai van ’n bloedjong meisie wat babahondjies in ’n emmer gepak het en doodluiters in die rivier gaan gooi het. My hart is so seer ek kan nie die prent uit my kop kry nie. Sê my asseblief waar mens met die video kan heen gaan sodat stappe geneem kan word, en watse stappe? Groot asseblief! Ek kan nie sien dat so iets maar net okay is nie!”
Almal het beaam dat die persoon vervolg moet word, maar niemand weet wáár die video vandaan kom nie.
Die Observer het die video onder oë gehad en dit is duidelik dat die video nié in Middelburg geneem is nie. Na aanleiding van die taal wat gepraat word, is dit heel moontlik ook in ’n ander land geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.