Update

Opvolg: Jumomaro steeds in gevaar

Ondanks talle donasies is Jugomaro Predator Park steeds in gevaar, nadat ’n likwidasiebevel teen die park aangevra is deur ABSA Bank. Die park het reeds ’n paar donasies ontvang, maar die fondse skiet nog vêr te kort.

Die eienaars van Jugomaro het samesprekings met prokureurs gehou om uitstel op likiwidasie vir die park te bewerkstellig, maar wag nog op terugvoer.

Gedurende die week is donasies uit verskeie oorde ontvang. Sand en stene is geskenk vir die bou van ’n swembad vir twee van die tiere, Terra en Kujo, en ’n swembadpomp is vir Panjo geskenk.

Jugomaro bedank almal vir hul donasies en bydrae gedurende hierdie moeilike tydperk.

Newscafé in Bedfordview het ’n liefdadigheidsfunksie georganiseer vir die insameling van fondse om Jugomaro Predator Park te help. Hulle sal vanaand (Vrydag) ’n R50 toegangsfooi vra wat as donasie sal dien. Al die geld wat so ingesamel word, sal aan die park geskenk word om die katspesies se huis te red.

Tiger Awareness armbandjies wat deur kinders van die gemeenskap gemaak word van loombands, sal ook te koop wees teen R50 elk by die Daller kantoor. Dit sal direk geskenk sal word aan die park.

Verskeie maniere is beskikbaar om bydraes te lewer om die park soos deur gebruik te maak van Paypal, gofundme en Jugomaro se nie-winsgewende Nedbankrekening.

Daar word ’n beroep op die bees-en wildsboere gedoen om vleis vir die diere van Jugomaro Predator Park te skenk.

Vir verdere inligting kontak Justin Fernandes by 082 558 0703.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button