Baba, twee ander sterf op Stoffbergpad

Drie mense, waaronder 'n 18-maande oue baba, is Sondag 01 February omstreeks 15:30, in 'n gru-botsing op die Stoffbergpad dood.

Die pad moes vir etlike ure gesluit word vir die polisie om toneelopmetings te neem, waarna opruimings gedoen is.

Die pad is vir inkomende en uitgaande verkeer gesluit.

Die provinsiale paaiedepartement het self Maandag gaan ondersoek instel, of die toestand van die pad bygedra het tot die botsing tussen die twee bakkies, in gietende reën.

Dit het gegons of Facebook waar inwoners diegene wat die pad moét ry, gewaarsku het om die roete te vermy weens die sluiting van die pad wat eers na donker weer oopgemaak is.

Naas slaggate, is roekelose optrede van kooltrokdrywers ook ‘n groot bydraende faktor tot botsings.

Motoriste kla dat die pad lankal nie meer veilig is nie.

Die drie oorledenes, wat tuisgaan op ‘n bekende boer van die omgewing se plaas, is nog nie deur naasbestaandes uitgeken nie.

Die oorlede man, werk vir die boer op sy plaas, en was saam met ‘n middeljarige vrou en die baba in sy 1400 bakkie, toe dit trompop met ‘n Mazda dubbelkajuit gebots het.

Al drie is op die toneel dood verklaar.

Die botsing het reg langs Hoërskool Middelburg se plaas, naby die weegbrug, plaasgevind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button