Opvolg: ‘Bid vir my kind’

“Julle moet vir my kind bid.” Dit was die kort boodskap van Clarise Roberts Woensdagoggend nadat Aiden die vorige nag ’n terugslag beleef het.

Aiden se toestand het in die laaste 24 uur drasties verswak, tot so ’n mate dat sy familie Woensdag hospitaal toe ontbied is.

Hy het twee weke gelede in ’n swembad geval terwyl sy familie reg gemaak het om sy oumagrootjie se verjaardag te vier.

Terwyl sy ma en stiefpa, Andre Marais, gou winkel toe was, het hy ongemerk by die agterdeur uitgeglip en in die water geval.

Hy het geen tekens van lewe getoon toe sy ouma, Ina Marais, hom uit die water getrek het nie. Nadat hy hospitaal toe gehaas is, is hy per helikopter oorgeplaas na die Garden City hospitaal in Johannesburg waar hy sedertdien behandel word.

Die 18 maande oue seuntjie het die harte van nie net Middelburgers nie maar ook baie ander mense aangeraak. Oral is daar mense wat vir hom bid, daar is ’n Facebook asook WhatsApp groep vir hom oopgemaak om mense op hoogte te hou van sy vordering.

Aiden moes Sondag ’n noodoperasie kry, hy het ook intussen dialise ondergaan. Terwyl die klein mannetjie vir sy lewe veg, is talle mense op hul knieë.

• Aiden se ouers het nie ’n mediese fonds nie. Verskeie fondsinsamelings word vir hom gehou. Daar word ’n gholfdag vir Aiden op Vrydag 22 Mei beplan en ’n familiedag op 30 Mei.

Lees vorige stories hier:

Opvolg: Aiden haal self asem

Opvolg: Familie hoopvol oor Aiden

Die dorp vat hande

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button