Update
Opvolg: Aiden verloor die stryd
Die 18 maande-oue blou-oog seuntjie wat die harte van Middelburg inwoners aangegryp het, is vanmiddag oorlede.
Aiden Roberts het twee weke gelede in ‘n swembad geval by sy grootouers se huis in Kanonkop.
Vanoggend (Donderdagoggend) was sy oupa Thys Marais nog vol hoop. Aiden het ‘n infeksie opgedoen wat onder andere sy niere aangetas het.
Die dorp rou saam met Aiden se familie.
Aiden, jy het ‘n dorp herinner wat dit is om hande te vat en saam te staan. Jy het die mure wat mense soms onwetend om hulle bou afgebreek en dit wat deur die harde werklikheid van die lewe versteen is weer sag gemaak.
Rus in vrede.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
