Mikroligte vliegtuig stort neer

’n Man is dood en sy sestienjarige broerskind ernstig beseer nadat ’n mikroligte vliegtuig kort nadat dit opgestyg het, geval het.

Me. Magda Reyneke (van Middelburg) was Maandagoggend oppad na Pretoria om weer haar broer, Jannie Snyders (16), in die Muelmend Hospitaal te gaan bystaan.

Sy kon nie op daardie tydstip kommentaar lewer nie en het gemeld dat sy die koerant sal kontak sodra sy met haar ouers gepraat het.

Volgens kol. Ronel Otto (Limpopo polisiewoordvoerder) het die ongeluk omstreeks 08:50 Sondagoggend plaasgevind.

Die mikroligte vliegtuig het die grond getref en neergestort langs die D311 Songwane Seleka pad (naby Ditlou).

Mnr. Wynand Snyders (50) is op die toneel oorlede en die erg beseerde Jannie Snyders is per ambulans na die Muelmed Hospitaal afgevoer.

In een van die eerste Facebookboodskappe oor die ongeluk, skryf me. Reyneke, “Ai oom Wynand, jy sal ewig gemis word. Min geweet dit sou jou laaste vlug en foto gewees het. Boeta asseblief, bly by ons!”

Sy het kort daarna gevra dat mense nie allerhande stories moet versprei nie. “My oom en boetie was in ’n mikroligte vliegtuigongeluk. Een van die kragdrade was laag en dit moes die oorsaak van die ongeluk wees waarin my oom gesterf het.”

Me. Reyneke het kort-kort boodskappe gestuur om mense op hoogte te hou van haar boetie se toestand.

Sy het onder meer gemeld dat Jannie onder sedasie gehou word. Een van sy niere is verwyder, hy het bloed ontvang en hy het ’n dreineringspyp in een van sy longe. ’n Groot ligpunt vir die familie is dat hy nie breinbeserings opgedoen het nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button