Video: Kibboets: Toevlugsoord vir haweloses

Tien kilometer buite Middelburg is daar ’n afdraai na nêrens. Wanneer jou kar regs by die grasvlaktes indraai, is daar drie paaie, links, reguit en regs.

Vat jy die stofpad regs, is dit nog so vyf kilometer, dan kom jy op die geboue af wat uitroep: Armoede! Swaarkry!

Jy hoef nie eers uit die kar te klim nie, so met aanry kan jy by die bouvallige kamertjies inloer, waar die mense bly wat deur die wêreld vertrap en uitgespoeg is! Op Middelburg noem hulle die plek, die kibboets.

Mnr. Raymond Belcher moes die leisels al ‘n paar maande gelede begin oorvat toe sy pa, Douglas, weens gesondheidsredes nie meer die kibboets kon bestuur nie. Past. Belcher is twee weke gelede oorlede weens wanvoeding.

Nie net is die gehawende toevlugsoord se krag ‘n maand gelede afgesit omdat dit nie betaal is nie, maar hulle kry nie meer hulp met diesel en kontantbydraes vir kruideniersware nie.

Raymond en sy pa het in 1993 die kibboets begin met vyf mense. Met die nood wat daagliks groter word, het dit later gegroei tot 60.

Hul grootste nood tans, is nie-bederfbare kos. “Enigiets wat nie ‘n ys- of vrieskas nodig het nie, is welkom, soos: meel, blikkieskos, soja, rys, suiker, koffie, tee en melkpoeier.”

Komberse vir die winter is ook ‘n groot probleem en daar is net één pot in die kombuis waarmee kos gemaak moet word!

• Persone wat enige skenkings wil maak, kan mnr. Belcher bel by 079 749 8446 of stuur ‘n WhatsApp boodskap na 084 226 6196.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button