Video: Nasaret staan saam

Inwoners van Nasaret het Woensdagoggend binne 'n brandende huis in Fort Napierstraat ingestorm en gehelp om meeste van die huis se inhoud na buite te dra.

Mnr. Dan Ntuli, wat saam met sy twee susters, Poppie – en Siya Motoboli, in die huis woon, was besig om ontbyt in hul sitkamer te eet, toe die brand ontstaan het.

Die oorsaak van die brand word nog ondersoek. Dit het moontlik in een van die slaapkamers ontstaan.

Die huis is gelukkig verseker en die skade wat aangerig is, moet nog bepaal word.

Poppie se seunjie, Katlego Motoboli, was ten tye van die brand by sy skool.

Beide die Motoboli susters was nog in hul japonne toe die brand ontstaan het en moes in dié kleredrag staan en toekyk hoe hul huis afbrand.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button