Nuusflits: Geld oor pad gesaai
’n Boer wat besig was om te stroop was ’n ooggetuie in ’n transitoroof wat op die Stoffberpad naby Blinkwater plaasgevind het.
Hulp is van alle oorde ingeroep nadat daar gesien is hoe twee voertuie, ’n Nissan Navara en ’n BMW X5, ’n Fidelity voertuig van die pad gedruk en die kluis vermoedelik met plofstof oopgeblaas het.
Die voorval het Dinsdagoggend om en by 07:30 net voor die Bothasbergpas gebeur, sowat 60 kilometer uit Middelburg.
Verbygangers het vertel dat die hele pad met geld besaai gelê het. ’n Vrou het later gesien hoe iemand die geld met ’n hark in ’n emmer bymekaar skraap.
Voordat polisie en sekuriteitspersoneel die toneel kon bereik het ooggetuies vertel hoe mense gestop en vir hulle geld bymekaar gemaak en weer gery het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
