Opvolg: Hysbak staan na Wonderpark slagting

Die hysbak waarin mnr. Jan Briedenhann homself en sy vervreemde vrou, Tanya-Louise, op 22 April vanjaar doodgeskiet het, staan sedert die bloedbad botstil.

Mnr. Briedenhann, teen wie ‘n beskermingsbevel deur me. Briedenhann verkry is kort voor die dodelike skietvoorval, het drie skote op haar gevuur, waarvan twee mis was.

Hy het haar met die derde skoot in die kop gewond en daarna die wapen op homself gedraai.

Die paartjie sou ‘n dag na die tragedie hul eerste huweliksherdenking vier.

Die twee dwaalkoeëls wat me. Briedenhann gemis het, is vermoedelik verantwoordelik vir die gate in ‘n paneel.

Volgens een van die sentrum eienaars, die Olifants apteker, mnr. Koos Snyman, is die hysbak erg beskadig in die skietery.

Daar is twee koeëlgate in een van die hysbak se panele, en die hele paneel moet vervang word om die hysbak te balanseer.

Mnr. Snyman sê dat die deure van die hysbak ook in die skietery beskadig is.

Toe die hysbak na die tragedie op die eerste vloer stilhou, het twee ooggetuies wat saam met die paartjie in die hysbak was, na veiligheid gevlug.

‘n Man wat toevallig buite die hysbak was, het gehelp om me. Briedenhann se liggaam uit die hysbak te sleep, waarna hy die deure ‘n geruime tyd lank met sy hande oop geforseer het, om te verhoed dat die hysbak met mnr. Briedenhann se lyk, na ander vloere beweeg.

Stutte is later ingespan om die deure oop te sper, voordat die hysbak onaktief gestel is deur die onderhoudsmaatskappy.

“Hierdie is ook ‘n unieke saak vir versekeraars, by wie die besluit nou lê,” sê mnr. Snyman.

Bloedbank kollegas van me. Briedenhann, het Maandag gesê dat daar vir hulle gesê is dat die herstelwerk tot ses weke kan duur, hoewel mnr. Snyman sê moontlik selfs langer.

“Ons weet nie hoe beskikbaar die parte plaaslik is nie,” motiveer hy.

Hy skat die skade bo R50 000 maar wag nog op ‘n kwotasie vir die herstel van die hysbak.

Vrou sterf in kollega se arms

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button