Video: Jy betaal vir prostitute se kondome

Het jy geweet dat jý betaal vir die kondome wat so mildelik aan prostitute op straat uitgedeel word?

‘n Ontstoke inwoner het die Middelburg Observer gebel, nadat hy een van die bussies wat gereeld voor bordele in die dorp gesien word, gekonfronteer en so agter gekom het dat dit ‘n regeringsinisiatief is.

Die bussies verskaf sekswerkers van broodnodige mediese dienste soos die toets vir seksueel oordraagbare siektes, antiretrovirale middels, vitamines en ook kondome.

Voordat jy egter die belastinggeld wat spandeer word, in dieselfde kraal as Zuma se vuurpoel by Nkandla wil gooi, dink mooi daaroor. Onbeskermde seks word as die hoof oorsaak van HIV en vigs gesien.

Mnr. Strydom het die joernaliste gevra om die gebou te verlaat.
Mnr. Strydom het die joernaliste gevra om die gebou te verlaat.

Die siekte wat wêreldwyd ‘n ekonomiese impak het maar veral aan Afrikalande se beursies knyp.

Prostitusie is sedert 1957 onwettig in Suid-Afrika. In 2007 is ‘n bykomende wet teen die koop van seks bygevoeg.

Inwoners wat op ‘n daaglikse basis skouer skuur met prostitusie in Middelburg omdat hulle langs of naby een van die bordele in Meyer- en Klipstraat bly, wonder hoe dieselfde regering wat prostitusie as ‘n kriminele oortreding sien, aan die ander kant gratis bydra tot hul welstand.

• Die Departement van Gesondheid kon nie voor druktyd vir kommentaar bereik word nie.

• Intussen het die sekswerkers in die Geen & Richards gebou die Middelburg Observer gebel, nadat daar ‘n klaarblyklike huurgeskil tussen hulle en die verhuurder, Deon Strydom was. Mnr. Strydom het die joernaliste gevra om die gebou te verlaat.

Een van sy “werkers” het die joernaliste tot by die deur vergesel en toe met ‘n man by die deur geraas omdat hy hulle nie voorgekeer het met hul ingaan nie.

Die buitelander, vermoedelik ‘n Nigeriër of Kongolees, het al spoegende gewaarsku: “You don’t come back here inside.”

Sien video hier:

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button