Video: Roof by Touch of Gold

Wanneer ’n sekere polisie offisier op Middelburg aangestel gaan word, gaan gewapende rooftogte handuit ruk.

En dit is presies wat die afgelope paar weke op die dorp gebeur het.

’n Anonieme briefskrywer het die Middelburg Observer gewaarsku, dat gewapende rooftogte en motorkapings skerp gaan toeneem, terwyl die spesifieke offisier aan die Middelburg polisie verbonde is.

Nou, net minder as drie weke nadat Sam Ranchod in Eastdene Liquors tydens ’n gewapende rooftog vermoor is, het ’n bende rowers Maandagoggend by die Middelburg Mall toegeslaan.

Misdaad vier hoogty op die dorp, so erg dat die middedorp vermy word en nou is die Mall geteiken.

’n Onderhoud met slagoffers is onder aan dié berig geplaas.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button